Akkommodasie besprekings bestuurstelsels kan eenvoudig en lekker wees
Ons glo 'n besprekings bestuur sagteware moet dit vir jou makliker maak om jou gastehuis te bestuur.
Daarom is dit ons doel om gastehuis eienaars te help om hulle besprekings in 'n maklike en lekker wyse te bestuur.
Jy het waarskynlik nie jou gastehuis begin weens jou liefde vir die ingewikkelde korporatiewe-styl sagteware en vervelige administrasie nie. En ons verskaf hierdie diens ook juis omdat ons ook iets lekker wil doen waarin ons kan glo.
Om te hou by die gees van ons onderneming kan jy registreer vir die diens en dit dadelik begin gebruik. Ons sal nie verwag dat jy begin betaal totdat jy nie tevrede is dat die stelsel vir jou, jou gastehuis en jou gaste werk nie.
Ons sal jou terugvoer en enige vrae wat jy het waardeer sodat ons GuestBook kan verbeter en vereenvoudig.
Guestbook is 'n internetdiens en dus het u geen eksta sagteware op u rekenaar nodig nie. Ons stelsel is eenvoudig gebou om aan die meeste verblyfplekke in Suid Afrika se behoeftes te voldoen.
Ons bied optioneel vier verskillende kredietkaarte waarmee u kliënte u op die internet of in u gastehuis kan betaal, sonder dat u 'n kaartapparaat of 'n ooreenkoms met u bank hoef te hê. Ons skakel met PayToStay se diens om dit aan te bied en sal in die toekoms met ander betalings kanale skakel.
Verder kan voornemende gaste direk van u webwerf af besprekings maak en betaal. U word deurgaans deur epos en SMS op hoogte gehou. U kan egter ook verkies om u besprekings alles self vanaf u rekenaar af te maak.
GuestBook.co.za word bestuur en onderhou deur 'n klein bekwame groepie mense, met wie u persoonlik in verbinding kan tree.




